Sinode van Dordrecht

Nota: Datums aangehaal in hierdie artikel is volgens die Juliaanse kalender. Bronne wat gebruik maak van Ou Styl- en Nuwe Styl-datums sal dus aangepas moet word deur tien dae by te tel.
Die Sinode van Dordrecht. Die Arminiane sit aan die tafel in die middel.

Die Sinode van Dordrecht was 'n internasionale Sinode van die Nederduits Gereformeerde Kerk wat van 1618 tot 1619 in Dordrecht, Nederland gehou is om 'n kontroversie te besleg wat geïnisieer is deur die opkoms van Jacobus Arminius se leerstellinge (Arminianisme). Die eerste vergadering het op 13 November 1618 plaasgevind en die laaste (die 180ste) op 29 Mei 1619. Verteenwoordigers van agt buitelandse Gereformeerde kerke is ook uitgenooi. In 2014 is die eerste kritiese uitgawe van die aktes en dokumente van die Sinode gepubliseer. [1]

  1. Sinnema, Moser & Selderhuis 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search